Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Gaan Groot Radio, “internet radio met styl”, waar kunstenaars, luisteraars en musiek mekaar ontmoet in die Weskus; om ons Luisteraars Nasionaal,Internasionaal en Suid-Afrikaners wat uit ons pragtige land ge-emigreer het steeds alles wat LEKKER Afrikaans en LEKKER bekend is wilervaartevermaak. Gaan Groot Radio met André J Coetzee as eienaar van Gaan Groot Radio, kom al sedert 1970’s saam met vermaak, rolprent industrie en radio. Ons gee ook erkenning aanLieb Liebenberg, wie se droom ‘n internet radio was om Suid-Afrikaners reg oor die wêreld by mekaarte bring deurmiddel van internet radio; hy is oorlede en All-TimeRadio.com is nie beëindig nie; net voortgegaan in die gestalte van Gaan Groot Radio met André se droom om luisteraars te vermaak, tesame met ‘n gedetermineerde span omroepers. Gaan Groot Radio fokus op top gehalte vermaak, spesifiek vir Afrikaans-sprekende luisteraars in die groter Weskus omgewing. By Gaan Groot Radio word elke luisteraar gemotiveer om ‘n positiewe uitkyk en houding te ervaar teen oor ons pragtige land, sy mense, en sy diversiteit. Gaan Groot Radio bied ‘n wyd-verskeidenheid van programme en inhoud gemik daarop om die lewenstyl, aktiwiteite en geestelike sy van ons luisteraars en die plaaslike gemeenskap te weerspieël. Ons speel LEKKER-luister Suid-Afrikaanse musiek en streef na die opheffing van ons direkte gemeenskap deur die skep van werksgeleenthede, ‘n bevordering van Suid-Afrikaansemusiek en kunstenaars. Ons het nie vergeet van ons Engelse luisteraars en maak voorsiening binne ons program